Prestasies: Ererol vir Redenaars wat Raak Praat, Bladsy 11
Kies opeenvolgende bladsye van die ererol in die sub-menu onder PRESTASIES, bo-aan hierdie blad.
Kliek SUBSCRIBE, regs-bo op Raakpraat-Redenaars se Youtube-kanaal om altyd die nuutste voorbeelde van toesprake te sien!
Die geheim is uit: Groot talent skuil op Skuilkrans!
Mia Esterhuizen, Graad 2 by L/s Skuilkrans, Pretoria het vandag uitgeblink met ‘n skitterende A+ vir redenaars met haar oulike aanbieding van haar 2025-raakpraat-toespraak!
Baie geluk, Mia! Ons is baie trots op jou!
Eerstegraadse prestasie in graad EEN!
Mirey Jordaan, Gr.1 is die WENNER van haar kategorie by Sunridge Laerskool, Port Elizabeth se redenaars-2025!
Mooi so, Mirey!
Wel gedaan, Dewan Jordaan, Graad 4-5-WENNER van Laerskool Calvinia se redenaarskompetisie met sy 2025-Raakpraat-toespraak onder die ATKV-tema "vloek!"
Groot applous vir klein Karien! Karien Bornman is die Graad 4-5-WENNER van Laerskool Danie Malan, Pretoria se redenaarskompetisie met haar 2025-Raakpraat-toespraak!
Baie geluk aan Lumé van Aard, graad 4 wat in 2024 3de gekom het by Hoërskool Bultfontein - en daarna haar pad oop gepraat het tot in die Nasionale Finaal van die LANDWYE SALA-Redenaarskompetisie waar sy 'n 4de plek behaal het!
Baie geluk, Hendré Jordaan, Graad 6-7-NAASWENNER van Laerskool Calvinia se redenaarskompetisie met sy 2025-Raakpraat-toespraak onder die tema "KITS!"
Met die puik aanbieding van haar 2025-Raakpraat-toespraak, het Riandi Müller Sunridge Interhuis se graad 6-redenaars GEWEN by Laerskool Sunridge, Port Elizabeth!
Baie geluk, Riandi!
Baie geluk aan Leané van Wyk wat haar Raakpraat-toespraak so goed gelewer het, dat sy as 2024 se beste Junior Redenaar van Jacobsdal Primêr aangewys is!
Anlia Webb, graad 3, behaal 'n 3de plek by Laerskool Malelane se Kwetteraand! Baie geluk, Anlia!